Boodskap vir Vandag

Search

Ek maak jou ‘n bronsmuur

Ek maak jou vir hierdie volk ‘n bronsmuur waardeur hulle nie kan dring nie (Jeremia 15:20).

Die verrassende waarvan ons in Jeremia 15 hoor is dat wanneer Jeremia in vertwyfeling oor sy roeping verval, God selfs verwyt dat hy nie langer op God kan reken nie, dan antwoord God hom.

God tree nie terug en ignoreer Jeremia nie. Nee, dan luister God en begin opnuut met Jeremia praat.

Wat ons hoor, is verrassend.

Dit is naamlik dat God, ten spyte van Jeremia se verwyte en klagtes, sy onregverdige beskuldiging teen God (v 18), Jeremia steeds nodig het. Hom steeds as draer van sy woorde wil gebruik (v 19).

Trouens, God gaan in dié aangrypende gedeelte selfs ’n stap verder. God rus Jeremia ook toe vir sy moeilike taak deur sy leë en onrustige lewe met nuwe beloftes en hoop te vul.

Ook sy wonde met nuwe woorde te salf.

Jeremia hoor onder andere dat God hom nooit sal verlaat nie, dat God by hom sal wees, al het almal hom verlaat. Ook dat God hom weerbaar sal maak teen die verwerping en geweld van mense. Die profeet sal ‘n bronsmuur wees waardeur hulle wat teen hom veg, nie sal kan dring nie. Hulle beledigings sal hom nie langer kan kwets of verwond nie (v 20).

Watter wonderlike woorde! En dit is boonop vir jou en my bedoel.

Want glo dit of nie, God het – net soos met Jeremia – ‘n mens soos jy, ondanks al jou swakhede en twyfels, vandag nodig om sy woorde na ander toe uit te dra.

Here, dankie dat U ‘n swak mens soos ek wil gebruik om u woorde te verkondig en voor te leef. Maak my vandag weer ‘n waardige en moedige getuie vir U. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed