Boodskap vir Vandag

Search

Ek maak soos ek wil

“Julle sal die vrugte van julle optrede pluk, julle sal van julle eie planne walg. Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood, die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid” – Spreuke 1:31-32.

Net soos in die vorige dagstukkie is Wysheid hier aan die woord. Wanneer ons weier om na Wysheid se roepstem te luister, sal ons die vrugte van ons eie hardkoppigheid pluk.

Kleintyd het ons ouers ons vermaan: “Wie nie hoor nie, moet voel.” Dikwels het ons seergekry wanneer ons gewaarsku is dat ons te rof speel. Soms het ons egter sonder ongevalle aanhou speel.

Wat ons egter nie in gedagte gehou het nie, was dat ons ouers eerder die beginsel van gehoorsaamheid by ons wou tuisbring. Hulle het uit ondervinding geweet dat ons dit op alle terreine van ons lewe gaan nodig hê.

’n Ouer se duidelik hoorbare stem word later ons eie binnestem. Net so word God se stem: “Oppas, my kind. Dink eers mooi,” die stem van my eie gewete. Hoe meer ek God se stem ignoreer, hoe sagter word dit.

Die gedeelte hierbo praat van onkundiges en dwase. Onkundiges is dié wat nie weet wat reg en verkeerd is nie omdat hulle dit nog nie ingeoefen het (of wíl inoefen) nie. Dwase weet wat die regte ding is om te doen, maar hulle ignoreer dit. Hulle is selfversekerd en selfvoldaan oor hul eie insig.

Soms lyk dit of die dwase en onkundiges met hul optrede wegkom. Uiteindelik lei ’n lewe waarin jy net jou eie belang soek en op jou eie insig staatmaak tot jou ondergang.

Here, bewaar my van dwaasheid en onkunde. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.