Boodskap vir Vandag

Search

Ek vir jou en jy vir my

Julle behoort aan Christus en Hy maak julle geloof sterk. Julle is lief vir mekaar en julle help mekaar. Julle almal het die Heilige Gees in julle harte en daarom behoort julle aan mekaar. Julle is bekommerd oor mekaar en julle sorg vir mekaar – Filippense 2:1 (Bybel vir almal).

Die woord wat dikwels die verval van ’n verhouding of huwelik beskryf, is “verbrokkel”. Dít sê iets van ’n geleidelike proses. ’n Muur wat vroeër sterk en solied was, begin stadig maar seker verweer. Klein stukkies sement kom los. Dan ’n stuk pleister, en daarna ’n hele baksteen.

Lewenslange vriendskappe of verhoudings begin gewoonlik klein en vol belofte. Dit groei en blom. Soms aanvaar die mense mekaar geleidelik as vanselfsprekend. Hulle doen nie die moeite om regtig by mekaar se hart uit te kom nie. Dan begin klein irritasies inkruip. Eers klein verwyte of ’n geniepsige antwoord, dan openlike seermaakwoorde en uiteindelik eindelose woordewisselings.

’n Egpaar wat reeds langer as twee dekades getroud is, sit elke Sondagaand opsy om te gesels oor die afgelope week. Hulle vra vir mekaar: “Wat het ek hierdie week gedoen wat jou baie bly gemaak het? Wat het jou ongelukkig of hartseer gemaak? Wat kan ek doen om die nuwe week vir jou beter te maak?”

Aan die einde van hul gesprek mag elkeen iets versoek wat nie deel van sy of haar tuispligte is nie. Die vrou kan dalk vra of die man een oggend die kinders sal skool toe neem. Die man kan vra of sy vrou die vuilgoeddrom sal uitsit.

Terwyl jy jou maat met deernis en liefde bedien, word jy self daarmee gevoed.

Here, skenk my u deernis en liefde. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed