Boodskap vir Vandag

Search

Ek wil U sien

Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o Here! Verberg u aangesig nie vir my nie – Psalm 27:8-9a (1933/1953-vertaling).

Die vroegoggendtoneeltjie wat in die vorige dagstukkie geskets word, is vir ons bekend. Ons het almal al ervaar hoe kinders se woede en geniepsigheid die vreugde en vrede uit ’n vertrek verjaag. Veral wanneer ’n ouer pas intieme, kosbare tyd by God deurgebring het.

Ann Voskamp beskryf haar magteloosheid: “It’s my own face that obscures the face of God. How can I help this son of mine see when I can’t see?” Sy het nie antwoorde nie.

Dan kom Dawid se smeekroep uit Psalm 27 in haar gedagtes op: “Ek soek u aangesig, o Here! Verberg u aangesig nie vir my nie.” Sy besef haar diepste begeerte is om God te kan sien. Haar eie woede verberg God se aangesig. Die alternatief is liefde.

Haar gebed is ’n fluistering, maar hard genoeg vir haar seuns om te hoor. Sy dank God vir haar twee seuns. Sy dank Hom ook vir die hier en nou. Sy bid verder: “Thank you that You don’t leave us in our mess. Thank You for toast. For the hope of forgiveness and brothers and new mercies.”

Dit is die beginpunt van die herstel in die verhouding tussen die twee broers. Dit gebeur nie oornag nie, maar omdat ’n ma gekies het om God in die situasie en die gesigte van die kinders oorkant haar te sien het hulle self ook daarna begin soek, hoewel skoorvoetend en skaam.

Here, ek soek U met my hele hart. Ek soek U in elke situasie en elke persoon wat my pad kruis. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed