Boodskap vir Vandag

Search

Elke goeie gawe kom van bo

Moenie julleself mislei nie, my liewe broers. Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo (Jakobus 1:16-17).

Wat beweeg mense om barmhartig te wees – om onvermoeid uit te reik en goed te doen aan ander mense?

Is dit iets wat mense in hulleself omdra – ‘n natuurlike soort filantropie? Of is dit miskien die lesse van die geskiedenis wat hulle mettertyd oortuig dat die weg van liefde en deernis beter is as die weg van haat en vergelding?

Iets van albei is natuurlik waar. Selfs wreedaards soos Stalin en Hitler, so lees ons, het met ongewone sorg en deernis teenoor hulle familie en vriende opgetree. En ja, ons slegte geskiedenis kan ons harte laat versag. Maar tog wys die geskiedenis óók dat wanneer mense bedreig word of om oorlewing moet veg, hulle telkens weer selfsugtig begin optree.

Selfs ander gewetenloos sal uitskakel of te na sal kom. Net om sélf bo te bly.

Nee, om voortdurend, selfs onder die mees haglike omstandighede, weg te leef van jouself en liefde te bly betoon, veral ook teenoor jou vyande – daarvoor is, by wyse van spreke, ‘n krag of vlam van buite nodig. Een wat hierdie liefde in ons kan opwek en kan bly voed.

Die apostel Jakobus is baie pertinent hieroor. Elke goeie gawe – ook die gawe om barmhartig te leef – so skryf hy, kom van Bo. Van dié God wat alles geskep het en wat mense oneindig meer bemin as wat ons besef.

Ons moet alleen vandag weer vir sy liefde ontvanklik wees.

Here, laat ons dit maar erken: Ons het dit nie werklik in ons om voortdurend met liefde en deernis teenoor ander mense te leef nie. Gee ons tog vandag weer meer van Uself. Laat u liefde ons dring. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed