Boodskap vir Vandag

Search

Elke môre nuut

Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot – Klaagliedere 3:21-23.

’n Kankerpasiënt stuur vir my ’n e-pos: “Elke liewe keer as ek die son sien opkom, vul dit my met hoop. Ek weet: Dit gaan altyd weer lig word – wat ook al met my gebeur. Dít wat jou aftrek, is nooit staties nie. Ons is deel van die ewigdurende ritme en ons moet ons in ’n sin oorgee daaraan, sonder om ons passief deur omstandighede te laat meesleur.”

Ek lees weer die bekende woorde van Psalm 19:2-5: “Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem. Tog gaan daarvan ’n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde. Vir die son is daar in die hemel ’n tent opgeslaan.”

Hierdie woordelose boodskap weerklink dwarsdeur die heelal, ál verder – weer en weer – tot by ons. Dit gee nuwe betekenis aan ons dae en maak ons ontvanklik om tekens van God se goedheid en sy teenwoordigheid in die natuur en klein alledaagshede raak te sien. Wanneer dít ons ingesteldheid is, word selfs ’n flertsie groen langs ’n snelweg ’n boodskap van hoop.

Here, help my om u boodskap van hoop raak te sien en ’n hoopgewer vir ander te wees. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed