Boodskap vir Vandag

Search

En ek? Wie se arms hou ek op?

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sê vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier” – Jesaja 35:3-4a.

Ek sien onlangs ’n foto van ’n standbeeld met ’n paar hasies op ’n betonvoetstuk. By die voetenent staan ’n klein bronshasie, sy voorpootjies op die basis waarop die ander staan. Agter die hasie staan ’n peuter – skaars hoër as die voetstuk – wat die hasie probeer oplig.

Van nature wil ons ander help. Wanneer iemand struikel, steek ’n omstander onwillekeurig sy arm uit om te keer dat die persoon val. Wanneer ’n ma sukkel om ’n babawaentjie by ’n winkeldeur uit te stoot, bied iemand hulp aan.

Ons opdrag is om mekaar te ondersteun. Dit is ons voorreg as volgelinge van Christus. Ons moet na mekaar omsien. Soggens kan ons gebed gerus wees: “Here, vir wie kan ek vandag ’n Aäron of ’n Hur wees?”

Jare gelede het ’n student aan die antropoloog Margaret Mead gevra wat sy reken die eerste bewys van beskawing was. Die student het verwag sy sou kleipotte of klipwerktuie of pylpunte sê.

Mead het egter geantwoord dat dit vir haar die ontdekking van ’n menslike geraamte met ’n gebreekte femur was wat genees het. Sy het verduidelik dat ’n gebreekte femur in die diereryk die dier se dood beteken. Hy kan nie self kos soek of vir gevaar weghardloop nie. ’n Gebreekte femur wat herstel het, beteken dus dat iemand die beseerde na veiligheid moes gedra en versorg het totdat die been aangegroei het.

Beskawing begin daar waar ons iemand help, so ook praktiese Christenskap.

Here, maak my oë oop vir mense in nood. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed