Boodskap vir Vandag

Search

Fokus op die sonkant

Ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak! Onder die volke wil ek u loof, Here, onder die nasies u lof besing (Psalm 57:9-10).

Nie almal deel die gevoel van diepe dankbaarheid wat die neuroloog-skrywer, Oliver Sacks, oor die lewe gehad het nie.

So word vertel hoe die bekende skrywer, Samuel Beckett, een helder en wonderlike lenteoggend in Parys saam met ‘n vriend gaan stap het. Die vriend was aangegryp deur die skoonheid van die dag en het Beckett gepols: “Voel jy nie ook op sulke dae dat jy gelukkig is om te lewe nie?”

Waarop Beckett skynbaar kalm, maar ietwat sinies, geantwoord het: “Nou ja, so ver sal ek nie gaan nie.”

In sy boek oor dankbaarheid verwys Sacks na dié storie, juis om te sê hoeveel anders hy as Beckett die lewe ervaar het. Ja, hoe dankbaar hy voel om, in die woorde van Nataniël Hawthorne, “die verkeer met die wêreld” elke dag te kon geniet. En dit deur die aandag en liefde van mense.

Ook op sonnige dae wanneer hy kon uitroep: “Hoe goed dat ek nie dood is nie!”

Moenie ‘n fout maak nie: As neuroloog het Sacks die verskriklike, donker kante van die lewe ook goed leer ken. Maar hy het gekies om te fokus op die positiewe, die sonkant van die lewe.

En om die gawe van lewe elke dag met dankbaarheid te ontvang.

O Here, dankie vir ‘n nuwe dag waarvoor ons U vandag weer wil loof en dank. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed