Boodskap vir Vandag

Search

Fontein van lof en liefde

Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou, so vol liefde, so mooi soos ’n takbok, soos ’n ribbok – Spreuke 5:18-19.

Ons liefde moet tuis begin. By ons huweliksmaat.

Die grootste geskenk wat ’n pa vir sy kinders kan gee, is om hul ma lief te hê. Gesonde gesinsverhoudings begin by ouers se liefde en respek vir mekaar. Kinders moet getuies van daardie liefde wees. Om die liefde tussen twee ouers te ervaar bied vir die kinders sekuriteit. Dit word hul beskutting teen die wêreld daarbuite.

Die digter GA Watermeyer verwoord dit so: “Vier mure teen die Suidewind – my swartoogvrou, my blondhaarkind.”

Die woorde dra ’n gevoel van behoort. En geborgenheid. Van veilig en versorg wees.

’n Gesin is ’n herberg van menslikheid, lees ek êrens. Wanneer jy deur die liefde beskut en gekoester word, word jou gesin jou vier mure teen die suidewind.

Dit kom egter nie vanself nie. In die klein Saterdagoggend-ritueel van huweliksmaats se saam teedrink en koerant lees, lê ’n tydlose toegeneentheid wat ’n holderstebolder week se sorge kleiner laat lyk. Dit skep die ruimte om te luister en te deel – en om ook die geheime onuitgesproke versugtinge, die gevoelens wat saam met die woorde loop, raak te hoor.

Dikwels kry my huweliksmaat die krummels oorskiet van my tyd en energie. En dikwels ook van my liefde. Want hy ken my mos, en by hom hoef ek geen front voor te hou nie.

Juis hiér klop die liefdesgebod sterk en dringend. Ek hoor die reëlmaat daarvan in elke aanspraak op my: Julle moet mekaar liefhê.

Here, dankie vir die helder fontein van liefde. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed