Boodskap vir Vandag

Search

Fonteine van redding!

Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding (Jesaja 12:3).

In ‘n mooi meditasie wys die teoloog, Okke Jager, ons tereg daarop hoe broos en onseker menslike geluk en blydskap gewoonlik is.

Ook hoe moeilik dit is om hierdie oomblikke van geluk en blydskap vas te hou of selfs te herhaal. In dié verband spreek hy dan ‘n troosvolle woord.

Dit is dat ons moet leer dat Iemand anders lankal reeds vir ons die geluk en vreugde verwerf het en vashou. Jesus, deur sy koms na ons aarde, het dit vir ons gedoen. Hy voorsien fonteine van redding (Jes 12:3).

Sodat ons vir ons geluk alleen naby Hom moet bly. Hy wat die ware fontein van redding is.

Bly daar enige iets anders oor vir ons om te doen? Só vra Jager ten slotte. Waarop sy antwoord dan aangrypend lui: “Ja, wees net gelukkig. Domweg gelukkig.”

Mag die boodskap van Kersfees ons vanjaar opnuut met blydskap uit hierdie fontein van redding laat skep.

Hierdie onuitputlike bron van geluk en vreugde.

O, dat U na ons gekom het, Here, bly ons grootste geluk en vreugde. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed