Boodskap vir Vandag

Search

Footlose and free

‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens … (Spreuke 17:22).

Daar is meer as een ding wat die stemming waarin mense verkeer, kan verraai.

Jy hoor dit meesal in hulle stemtoon. Of sien dit in die uitdrukking op hulle gesigte. Of in die manier waarop hulle stap of optree. En só kan ‘n mens aangaan.

Onlangs word my lysie hieroor onverwags aangevul. Ek leer dat mense se gemoedstemming ook weerspieël kan word in die manier waarop hulle by mense aanklop.

Dit gebeur só.

Terwyl ek een oggend in groot erns sit en werk, is daar skielik ‘n klop aan my voordeur. Nee, nie ‘n klop soos gewoonlik in hoflike en afgemete toon nie. Dit is meer soos ‘n vrolike raps. Soos iemand wat trippelend en opgewonde met sy of haar vingers ‘n nuwe trom uittoets.

Wanneer ek oopmaak, staan my buurvrou, ‘n jong student, daar met ‘n groot glimlag. Sy kom bied aan dat hulle tuinman ons bome wat, soos hulle s’n onder een of ander plantsiekte deurloop, dié dag kan behandel – vry, verniet, sonder enige ekstra moeite of betaling.

Op my woorde: “Vanwaar die vrolike aanbod?” is haar woorde: “Ek is ‘n paar dae met vakansie. Ek voel vanoggend sommer ‘footlose and free.’ En boonop is dit lente!”

Natuurlik gaan dit nie aldag so gesellig nie. Maar wanneer daar rede vir vrolikheid is – so leer my buurvrou my weer dié oggend – moet ‘n mens dit aangryp en deel.

“Footlose and free.”

Here, een van die groot gawes van ons geloof is die vryheid en vreugde wat U ons gun. Help ons om elke dag daaruit te leef. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed