Boodskap vir Vandag

Search

Gebed kan ‘n verskil maak

Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking (Jakobus 5:16).

Daar is min dinge wat ‘n mens so kan vermoei en moedeloos maak as ‘n gevoel van magteloosheid.

Dit is die gevoel dat daar niks meer aan ‘n bepaalde saak of omstandigheid gedoen kan word nie. Dat daar geen verdere uitweë of uitsig bestaan nie.

Jakobus noem – amper terloops – twee dinge wat ons daardie gevoel kan gee.

Die een is erge swaarkry en siekte (Jak 5:13-14), die ander ‘n geheime misstap of sonde (Jak 5:15). Die laaste een is iets wat jy aan jouself of ander gedoen het en wat nou onherstelbaar en onomkeerbaar blyk te wees.

Of iets waarin jy verstrik geraak het en waaraan jy oënskynlik nie kan ontsnap nie. Dit word dan, soos mense dikwels oor sulke donker situasies praat, “een stuk nag!”

Volgens Jakobus hoef dit nie die einde van die wêreld te wees nie. En kan ons as gelowiges iets doen om hierdie nagmerries blymoedig te deurstaan. Selfs daaraan te ontsnap, al voel ons ook hoe magteloos.

Hierdie iets is om te bly bid – om nie die nut en krag van gebed te onderskat of prys te gee nie. Jakobus sê dit in soveel woorde: “Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking” (Jak 5:16).

Hieroor moet ons verder praat. Want, kom ons wees eerlik, wie dink vandag nog dat gebed ‘n verskil kan maak?

Here, ons kom en buig nou weer voor U. Ons weet nie mooi hóé of wát ons moet bid nie. Maar ons vertrou dat Ú weet. En dat om nou by U in die stilte te wees, genoeg is. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed