Boodskap vir Vandag

Search

Gebed staaf ons geloof

Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal my eer (Psalm 50:15).

Daar bestaan allerlei mooi definisies van gebed, soos dat dit die eerste impuls van die hart is, of die laaste toevlug van die wil, of die asemhaling van die siel, of selfs God se asem in ons wat deur gebed na sy geboorteplek terugkeer.

Hoewel al hierdie definisies mooi is, beweeg dit nie noodwendig die hedendaagse mens om te bid nie.

Nee, om te bid bly ʼn gawe van God wat ons gedurig in geloof moet ontvang en beoefen. In Karl Barth, die Switserse teoloog, se woorde:

“Gebed is nie iets wat ons kan doen nie. Dit is iets wat in en deur ons gebeur. En dit nie uit eie wil nie, maar omdat God ons as sy kinders aangeneem het. En as ons God se kinders is, mag ons tot God roep. Ja, verwag God dat ons tot Hom sal roep, al is dit alleen by wyse van ʼn klein versugting.”

Jacques Ellul, ʼn Franse teoloog, sluit by Barth aan wanneer hy skryf dat ons vrymoedigheid om te bid juis ons geloof in God as ons sorgende Vader staaf. Meer nog, dit is die eerste konkrete uitdrukking van hierdie geloof.

Wat beteken dat ons traagheid om te bid ʼn teken is dat ons nie meer in God en in God se beloftes glo nie.

Here, wat ʼn wonderlike boodskap dat U ons Vader is en dat ons tot U kan roep. Help ons om dit te glo en leer ons dan hoe om te roep. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed