Boodskap vir Vandag

Search

Gebed van die hart

Ek het my gemoed tot kalmte en bedaring gebring. Soos ʼn kindjie by sy ma, soos ʼn kindjie is my gemoed in my. Israel vestig jou hoop op die Here, van nou af en vir altyd (Psalm 131:2-3).

Baie mense, veral toegewyde Christene, besef die belang en waarde van gebed aan die begin van hulle dag.

Tog weet ons nie altyd wát of hóé om te bid nie.

Ek self het die afgelope paar jaar die waarde van centering prayer ontdek. Willem Nicol noem dit “die gebed van die hart”.

Hierdie vorm van gebed vra nie baie tyd van ons nie, ongeveer 20 minute elke oggend voordat ons met ons dagtake begin. Dit vereis ook nie baie woorde nie. Wel net een woord, soos die Naam van God of Jesus. Of ʼn frase soos “Kom, Heilige Gees!” of “Here, my God” waarmee ons ons verlange na God uitdruk. Dit is al.

Die belangrikste is dat ons ons gemoed tot kalmte sal bring en ʼn rukkie in stilte by God sal gaan rus, soos ʼn kindjie by sy ma. En wanneer ons gedagtes begin ronddwaal, soos gewoonlik gebeur, is die raad dat ons rustig sal terugkeer na die één woord of frase waarmee ons voor God stil geword het. Ons herhaal dit saggies om só naby aan God te bly.

Natuurlik sluit hierdie vorm van gebed nie uit dat ons, soos Jesus ons geleer het, allerlei dinge van God kan vra nie. Ons behoort ook vir ander in te tree en die wêreld se nood voor God te bring. Maar dit is dikwels eers wanneer ons rustig geword het by God en toegelaat het dat God ons met liefde vashou, dat ons sal weet hoe en waarvoor ons behoort te bid.

Beproef gerus hierdie gebed van die hart. Dit kan vanjaar ʼn groot verskil in jou lewe maak.

Here my God, ek kom vandag om by U te kom te rus, net soos ʼn kindjie by sy ma. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed