Gebedskers Die kers vervang nie gebed nie, dit dra jou gebed verder. Die kers antwoord nie alle versoeke nie, maar is ’n teken van vertroue.
Dankie Vader dat u lief is vir ons.
Dankie dat u so mooi vir ons sorg.
U het ons geseen met wonderlike reen wat ons so nodig het.
Ons is lief vir u.
Moet ons nooit laat gaan nie, hou ons styf vas in U hand.
Amen
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.
Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.