Dit voel asof alles uitmekaar val. My boetie is na n mallemeule 6/7 maande van gesond na COPD, blaaskanker aan septiceamia oorlede. Hy was maar 57jr oud. Het baie swaar gekry.
My eie gesondheid kwel my en my finansies het net die laaste twee jaar agteruit gegaan. My eie toedoen, ek erken dit, ek moes beter rentmeesterskap aan die dag gelê het. Maar "as ek maar" is nou te laat.
Bid asb vir geestelike groei in my eie verhouding met Vader. Ek voel die laaste 3 jr so vêr van Hom. Het altyd so n lekker, diep verhouding gehad. Ek weet dis nie Hy wat vêr staan nie, ek gee toe aan afleidings, want my konsentrasie is by die deur uit met menopouse en medikasie. Bid teen afleidings en vir fokus. Troos vir ons hele familie. Manie se siekwees en afsterwe het ons hard getref. Bonatuurlike ingryp van Vader in my finansies, en uitstekende rentmeesterskap.