Dankie vir die vreugde van ons lewensmusiek. Help ons om saam U lof oor die aarde te laat weerklink. Mag ons nie die note van ons lofsang vir onsself hou nie, maar dit deel met ander. Ons bid dat U ons harmonieë seën, want elke noot bring U lof.
Ek bid vir genesing vir n dogter wat die pad byster geraak het. Ek vertrou vir n drastiese ommeswaai in haar lewe. Ek bid dat God my saggeaarde liefdevolle kind aan my terug besorg sodat sy U kan eer en aanbid
My man het kanker en chemopille maak hom moeg en siek, tas sy verstand aan. Bid asb saam met ons vir Goddelike Wysheid dat die Here ons sal lei om regte besluit te neem vir toekoms behandeling en volkome genesing.
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.
Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.