Boodskap vir Vandag

Search

Gee die helder note aan

Maar julle sal sing soos in die nag voor ’n fees, julle sal vrolik wees soos wanneer mense met fluitspel begin loop na die berg van die Here toe, na die Rots van Israel toe – Jesaja 30:29.

Richard Llewellyn se boek How green was my valley handel oor die mense in ’n Walliese myndorpie waar elke viering of afskeid met musiek gevier word. Ivor, die hoofkarakter se broer, het ’n mannekoor wat uit myners bestaan. Hulle wen ’n koorkompetisie en hy word genooi om ’n toekenning van die koningin te ontvang. Die hele gemeenskap rondom die dorpie vier saam fees. Hulle staan verspreid dwarsoor die vallei – mans, vroue, kinders. Die noot word op ’n rietfluit gegee.

Llewellyn skryf: “Ivor raised his finger, and from the top of the hill down to the bottom men and women hummed softly to have the proper key, with sopranos going up to find the octave, and altos climbing, and tenors making silver and contraltos and baritones resting in comfort and basso down on the octave below, and the sound they all made was a lifetime of loveliness, so solid, so warm, so deep, and yet so delicate.”

Ons moet musiek vir mekaar aangee. Ons moet ons lewensmusiek oor vlaktes en valleie en berge laat weerklink. Ons mag nie die note van ons lofsang aan God vir onsself hou nie. Een mens kan nie alleen harmonieë skep nie. Daarvoor het ons mekaar nodig.

Here, U vind vreugde in ons lewensmusiek. Ons wil saam musiek maak en ons lofsang oor die aarde heen laat weerklink. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed