Boodskap vir Vandag

Search

Geen onskuldige speletjie nie

Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank (Matteus 5:22).

Om te leef met rasse- of klassevooroordele en die haatspraak wat gewoonlik daaruit voortvloei, is geen grap of onskuldige speletjie nie.

Dit kan uiteindelik daartoe lei dat jy ander mense nie net uit jou lewe weg wens nie. Jy begin ook daarna voel om hulle fisies te benadeel of leed aan te doen. Selfs in die uiterste gevalle uit jou gesigsveld te verwyder.

Die geskiedenis is vol van sulke voorbeelde. En dit bly altyd tragies, bitter en onverskoonbaar.

Hóé tragies en bitter sien ons duidelik in Leonard Bernstein se musiekblyspel, West Side Story. Dié storie wys hoe die vete tussen twee jeugbendes in New York, gevoed deur jare lange haat en vooroordele, eindig in die dood van hulle leiers. Selfs nog erger: Die moord op Tony, die mooie Maria se onskuldige Amerikaanse beminde.

Verslae en ontnugter praat sy aan die einde die skuldiges aan: “You all killed him, and my brother, and Riff. Not with bullets and guns, but with your hate. And I can kill too, because now I have hate.”

Ja, so ‘n dodelik en vernietigend kan die kringloop word wat deur rassehaat en rassevooroordeel aan die gang gesit is.

Hierteen moet ons waaragtig in ons tyd waak.

Here, vergewe ons die afkerigheid en verborge haat wat dikwels in ons harte sluimer. Maak van ons stryders vir liefde. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.