Boodskap vir Vandag

Search

Genade. Vreugde. Dankiesê.

Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag – Psalm 100:4-5.

Die Griekse woord eucharisteo beteken om dankie te sê. Die kern van die woord is charis, wat “genade” beteken. Die woord chara wat daarvan afgelei is, beteken “vreugde” – dít waarna ons almal hunker. Meer en meer “heilige vreugde”.

In The eucharist beskryf die teoloog Alexander Schmemann die term “eucharist” as die geheimenis van vreugde. Dit is die geheimenis van alle geheimenisse, ook die geheimenis van die kerk van Christus. Hy sê: “Eucharist is die enigste volkome en werklike respons van die mens op God, sy skepping, ons verlossing en die geskenk van die ewige lewe.”

Wanneer Paulus in Filippense 4:4-6 skryf: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend,” begin hy by die geheim van ware vreugde: eucharisteo.

Dankbaarheid is die enigste manier waarop ’n verloste kind van God op die geskenk van die ewige lewe kan antwoord. Wie anders as ’n begenadigde sondaar kan dankie sê ondanks al die gebrokenheid binne en rondom hom of haar?Here, ek sê dankie vir ’n lewe ver anderkant dít wat ek nou sien of ervaar. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed