Boodskap vir Vandag

Search

Genadegawes

Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God – 1 Petrus 4:10 (1933/1953-vertaling).

Die Grieks vir “genadegawe” is charisma wat “geskenk” beteken. Ons gawes is ons geskenke uit God se hand. Ons verdien dit nie. Daarom mag ons dit nie selfsugtig opeis en wegsluit nie.

Ons moet ons genadegawes ontdek en ander daarmee bedien sodat hulle die kosbaarheid van ons gawe kan beleef en daardeur verryk kan word.

In Efesiërs 4:3, 6-7 en 11 (Die Boodskap) skryf Paulus hieroor: “Die Heilige Gees het van ons een hegte span vir God gemaak. Hierdie ‘een­wees’ en ‘saam­wees’ moet ons tot elke prys bewaar. Christus het vir elkeen van ons iets besonders gegee om in die gemeente te doen. Hierdie spesiale geskenke het Hy vir ons gegee sonder dat een van ons dit verdien het. Nie elkeen van ons het dieselfde gekry om te doen nie.”

Paulus brei uit dat party gestuur word om die boodskap op ander plekke te gaan verkondig, terwyl ander die gawe gekry het om dit aan hul eie gemeente oor te dra. Sommige kan die heilsboodskap mooi verduidelik, ander kan mense bystaan en lei wanneer hulle hulp benodig. Party kan soos goeie onderwysers medegelowiges stap vir stap leer wat God se boodskap behels.

Geen genadegawe is belangriker as ’n ander nie. Ons mag onsself nie hoër as ander ag wanneer ons ’n prominente rol in die samelewing en gemeente vervul nie. Die voorbidder en trooster se rol is net so onontbeerlik soos die prediker en apostel s’n. Almal het mekaar nodig.

Here, dankie vir medegelowiges. Help ons om mekaar op te pas. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed