Boodskap vir Vandag

Search

Geskenke van God

Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe kom van bo af, van die Vader van die hemelligte, by wie daar geen afwyking of skadu van verandering is nie – Jakobus 1:17 (2020-vertaling).

Alles wat ons het, kom van God af – elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe. Hy gee dit nie slegs vir ons om te geniet en daarmee te woeker nie. Hy gee dit ook sodat ons ander daarmee kan verryk.

Pablo Picasso het gesê: “Die betekenis van die lewe lê daarin om jou gawe te ontdek. Die doel van die lewe is om daardie gawe weg te gee.”

Ons kan daarop staatmaak dat God die beste vir ons en ons kinders in gedagte het. Ons mag daarvoor bid. Ons mag daarvoor wag.

Ons gawes en talente is egter nie vir alleengebruik nie. Ons moet dit met blydskap ontvang en dan uitdeel. Ouers moet hul kroos aanmoedig om ruimhartig te leef. Ons moet hulle deur ons eie optrede wys dat dit beter is om te gee as om te ontvang. Hulle moet leer om ander met hul gawes te verryk en op dié manier die vreugde van uitdeel ontdek.

Dit gaan egter oor baie meer as Picasso se sigbare talente wat ons moet vind en weggee.

Wanneer Christus in Matteus 10 vir sy dissipels sê: “Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet,” verwys Hy na die geskenk van die ewige lewe. Ons mag nie daaroor stilbly nie. Dit is ons hoogste roeping.

Here, ek wil u verlossing verkondig. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed