Boodskap vir Vandag

Search

Getroef deur die mag van liefde

Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede (Lukas 1:78-79).

Daar is natuurlik nog ʼn rede waarom Lukas sy verhale oor Jesus se geboorte so fyn gedateer en spesifiek verwys het na die heersers van daardie tyd – koning Herodes van Judea, keiser Augustus en Sirenius, goewerneur van Sirië.

Daarmee wou hy verkondig dat die God van Christus sy koninkryk te midde van die ander magte van daardie tyd sou oprig.

Ja, dat die koms van Christus deur niks of niemand, spesifiek geen ander maghebber of selfs god, gestuit of geblokkeer sou word nie.

Want dit was onder meer die aanspraak en pretensie waarmee spesifiek die keiser destyds geleef het. Dat hy die alleenheerser met die status van ʼn god is. Dat alle respek, gehoorsaamheid en self aanbidding aan hom verskuldig is.

God se koms in die gedaante van die onskuldige kind Jesus, so verkondig Lukas, daag hierdie magte en hulle aansprake uit. Meer nog, dit troef uiteindelik hierdie magte deur die mag van ʼn liefde wat alles bedek, alles vergewe en alles oorwin. Geen wonder nie dat Lukas God se mag vergelyk met ʼn opkomende môreson wat alle duisternis verdryf (Luk 1:78).

Sodat mense vry en verlos sal wees, ja, nie langer die slawe van hulle oppervlakkige begeertes of selfs van mense nie.

Here, ons aanbid U as Heer van ons lewe. En ons dank U opnuut dat U alles wat ons verhoed om vry en liefdevol te leef, reeds oorwin het. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.