Boodskap vir Vandag

Search

Getrooste twyfel

“Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee” (Matteus 11:28).

Een van die mooiste definisies van geloof is deur die ou kerkvader Martin Luther geskep.

Hy noem geloof “getrooste twyfel”.

Sjoe, wat ʼn diepsinnige gedagte! Wat ʼn eerlike insig! Want geloof is inderdaad altyd broos, ʼn soort hoop of vertroue wat dikwels tot diepgaande twyfel, onsekerheid en selfs wanhoop geskok en ontnugter word.

Sint Johannes van die Kruis praat in dié verband selfs van die donker, uitsiglose kant van geloof. Dit is wanneer alles op ʼn dag vir die gelowige nag word.

Tog troon daar bo-oor hierdie geskokte twyfel en onsekerheid altyd die belofte uit dat wie hulle skok en twyfel op Christus werp en wie hulle sorge na Hom bring nooit beskaam sal staan nie, maar by Hom tot rus sal kom. En dat wie afhanklik van God bly, deel aan sy koninkryk sal kry. Net soos hulle wat vandag huil en hulle harte voor God uitstort op sy troos kan reken.

Een kerkvader het dié troos soos volg beskryf: “Dit maak nie saak hoe ver ons val nie – ons kan nie dieper as tot in God se hande val nie.”

Inderdaad, getrooste twyfel!

Here, U ken ons angs en twyfel. Om dit te weet is vandag genoeg. Dit troos ons. Dankie! Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed