Boodskap vir Vandag

Search

Gewortel in God se liefde

Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het (Efesiërs 5:2).

Die ander dag toe ek tussen mense is en die waarde van geestelike begeleiding ophaal, reageer ʼn vrou heftig daarop.

Dit was gou duidelik dat haar siening van geestelike begeleiding sterk met ʼn sekere kerklike kultuur geassosieer was. Dié van streng toesig, knellende voorskriftelikheid, manlike oorheersing en selfs erge misleiding.

En daaraan, so het sy duidelik te kenne gegee, het sy weinig erg.

Dat mag en posisie dikwels in situasies van begeleiding misbruik kan word, is seker. Tog bly dit hartseer wanneer mense geestelike begeleiding alleen in dié lig sien. Want geestelike begeleiding, soos dit tradisioneel beoefen is, was nog altyd ʼn uiters positiewe en lewegewende aktiwiteit.

Reeds in die tyd van die woestynvaders, wat as die grondleggers van hierdie dissipline beskou kan word, was geestelike begeleiding bedoel om aan mense ʼn dieper ervaring van God se troue liefde en goedheid in hulle lewe te gee. En hulle só te help om tot groter vryheid, geluk en volwassenheid te groei.

Om dié rede is die geestelike begeleier altyd gesien as ʼn wyse mens wie se lewe in die liefde van God gewortel was; ʼn ware sielgenoot en vriend vir ander; ʼn nederige gebedsmens wie se hoogste strewe en belang die eer van God en die welsyn van ander is.

Gelukkig is jy wanneer so ʼn vriend jou lewenspad kruis.

Here, wortel ons vandag weer in u liefde sodat ons soos U teenoor ander kan optree. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed