Boodskap vir Vandag

Search

Gister. Vandag. Môre.

Jesus Christus is gister en vandag dieselfde, en tot in ewigheid – Hebreërs 13:8 (2020-vertaling).

Hoe vreemd is tyd nie. Terwyl ons eenkeer na die slotepisode van ’n werklikheidsreeks kyk, besef ek dat ons almal gespanne sit en wag dat die aanbieder die wenner aankondig, terwyl laasgenoemde waarskynlik reeds besig is om die wengeld uit te gee. Ons tydsbegrip is beperk.

Christus is tydloos en ewig. Hy is die hoeksteen waarop sy kerk gebou is. Hy bly vas staan, al verander alles rondom ons. In Hebreërs 1:12 staan daar: “Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.” Ons kan Christus vertrou – met ons tyd, ons omstandighede, ons hele lewe. Hy is ons ewige Verlosser.

In Jesaja 9:5 beskryf die profeet Christus soos volg: “Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.” In die Nuwe Testament leer ons Hom deur sy onveranderlike liefde, genade, geregtigheid, heiligheid en waarheid ken.

Ons aanbid steeds dieselfde Christus. Dit hang van ons af of ons Hom, die ewige, tydlose God, gaan vertrou of op ons eie insig gaan staatmaak.

Ons kan sonder enige vrees of twyfel ons hand in syne plaas en ons oë op Hom vestig. Hy verander nooit nie.

Dankie, Here Jesus, dat U tydloos en ewig is, en nie ’n lewelose mummie wat in tyd gestol is nie. U is brandend van liefde vir elkeen van ons. U is God wat mens geword het. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed