Boodskap vir Vandag

Search

Glimlag

Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!”

– Filippense 4:4

 

Geloof en gebed het baie krag, maar moenie die krag van blydskap en ’n opregte glimlag onderskat nie. Dit is meer aansteeklik as masels – toets dit gerus op ’n onvriendelike gesig! En die wonder is, daar is nie nadele aan verbonde om blydskap te versprei nie. Dit lig die gemoed van die gewer én die ontvanger.

 

Ek het ’n rukkie gelede ’n baie insiggewende artikel oor depressie gelees. Een van die gratis teenvoeters vir depressie, volgens hierdie artikel, is om te leer glimlag – selfs al voel jy glad nie op daardie oomblik lus om te glimlag nie. Fake it till you make it.

 

Daar is bevind dat jou serotonienvlak styg wanneer jy glimlag. Jy kry ’n gratis lift wanneer jy jou mondhoeke opwaarts laat krul in plaas van afwaarts. Selfs al kan jy aanvanklik net een tand wys, en nie al twee en dertig nie, sal selfs ’n piepklein glimlag jou gemoed ligter laat voel.

 

Het jy al vandag geglimlag? Of is jou mond in ’n dun en onversetlike potlootstrepie getrek? Dalk is dit dan tyd om ’n tand te wys. As gelowiges het ons die opdrag ontvang om bly te wees omdat ons aan die Here behoort. Hierdie opdrag word selfs herhaal sodat ons dit

ernstig sal opneem.

 

Dink net aan die impak wat jy met jou glimlag op ons land kan hê. As ons elkeen net kan leer om een ander mens elke dag met ʼn blye glimlag van die Here te groet, kan dit ’n hele land vol bruisende sonskynmense tot gevolg hê!

 

Bruisgebed vir ’n ligter gemoed: Here, help my om elke dag bewustelik te glimlag tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed