Boodskap vir Vandag

Search

God alleen weet!

Toe vra Hy vir my: “Mens, kan daar in hierdie bene weer lewe kom?” Ek het geantwoord: “Nee, dit weet net U, Here my God” (Esegiël 37:3).

Wanneer God in Esegiël 37:3 die vraag na geloof in die moontlikheid van nuwe lewe te midde van totale wanhoop aan die profeet stel, gebeur daar iets wat ook vir ons van groot belang is.

Esegiël begin deur toe te gee dat hy nie weet nie. Dat die sleutel tot nuwe lewe alleen in God se hande is. Ja, dat dit ʼn onverdiende gawe is waaroor net God beskik. En dat egte vernuwing alleen kan gebeur wanneer God ingryp en dit waar maak.

Hoe belangrik tog dat ons dit vandag sal onthou. Hoe die mens ook al wik en weeg, planne maak om nuwe lewe te skep, die ekonomie te hervorm, ʼn nie-rassige land te bou … sonder God en die werk van God se Gees in mense harte sal dit nie gebeur nie.

“Nee, dit weet net U, Here my God.” Met dié woorde erken Esegiël dat God se paaie anders as ons sʼn is. En dat ons alleen kan bid en wag totdat God self die nodige veranderinge bring.

Dat God kán en wíl, ook hieraan herinner Pase ons voortdurend.

Here, u paaie is inderdaad anders as ons s’n. Maak vandag u paaie ook ons paaie. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.