Boodskap vir Vandag

Search

God is nie doof nie

Laat wat jy doen aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk (Spreuke 16:3).

Sy is ʼn toegewyde gelowige wat hardnekkig glo in die krag en waarde van gebed.

Dit blyk duidelik toe ek eenmaal tydens ʼn ontmoeting my twyfel en onsekerheid oor die werkbaarheid van ʼn gesamentlike projek laat blyk. Hierop het sy destyds met ʼn oogknip en ʼn glimlag geantwoord:

“Jy moet tog weet: Gód is nie senuweeagtig nie. Nog minder is God doof.”

Haar woorde het my as gelowige ietwat onkant gevang, my selfs skaam laat voel en my tot nuwe nadenke gestem.

Ons kan maar met God praat oor al ons planne en voornemens. Ons kan ook vertrou dat God na ons sal luister en op die bestemde tyd vir ons ʼn antwoord sal gee.

Is dit dan nie waaraan die Spreukedigter ons vandag wil herinner nie?

Here, vandag plaas ek opnuut my lewe en my planne in u hande. Hoor tog my gebed! Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed