Boodskap vir Vandag

Search

God kan jou oral bereik

Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het (Luk 1:46-48).

Dat God — aldus Lukas 1:67-79 — God se ontroue volk bly onthou en hulle nie gelos het nie, is reeds ‘n verrassende en aangrypende waarheid om te ontdek.

Maar dit gaan selfs verder.

God onthou en maak moeite, veral ook met hulle wat in die samelewing minder opval — die eenvoudiges, geringstes, miskendes, verontregtes, siekes en armes. Daardie skemerfigure wat op die rand van ons sosiale horison beweeg.

O, ons weet dit eintlik reeds! Maar het dit al werklik ingesink? Hierdie troosryke wete dat die God van Israel se hart nooit ophou bloei vir diesulkes nie? En dat Jesus se hele bediening dít voortdurend gedemonstreer en gestaaf het.

En nou vertel Lukas dieselfde: Hoe die eenvoudige Maria en die veragte skaapwagters deur God se engele opgesoek en gekies word om draers van die goeie boodskap te word (Luk 1:26-38, 46-55; Luk 2:8-20).

Pragtig verwoord Sara Miles hierdie waarheid: “God also and in particular remembers her people when everything is unadorned: in the desert, in the ruins, in the saddest and most violent cities, in the tackiest lonely shopping malls, in the womb of an unprepared mother.”

Waar jy jou ook al bevind, God het jou nie vergeet nie! Presies dáár waar jy vandag so hulpeloos en onwaardig voel, wil en kan God jou opnuut met sy liefde bereik en dien.

Dit mag jy maar weer glo!

O Here, soos Maria wil ons U alleen vandag loof omdat U in ons geringheid na ons bly omsien. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed