Boodskap vir Vandag

Search

God onthou ons!

Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk (Lukas 1:68).

Ons almal ken die ervaring van hoe ʼn mens by die herlees van ʼn boek of verhaal – een wat jy miskien jare vroeër gelees het – skielik nuwe perspektiewe of betekenisse daarin kan ontdek.

Sekere dele of frases is meteens opvallend – dit verras jou, ontroer jou en praat skielik nuut met jou, amper asof jy dit vir die eerste keer hoor of lees.

Advent is ʼn tyd waarin ons ons vir so ʼn ervaring moet oopstel. Met nuwe verwagting kan ons terugkeer na die verhale van Jesus se geboorte, van sy koms na ons aarde. En toelaat dit ons vars aangryp, ontroer, verander.

Neem die verhaal van Sagaria se lofsang in Lukas 1:67-79 – een van ons tekste vir hierdie week. Daaruit blyk dit dat Sagaria diep geraak en ontroer is. Sodat sy mond nie kon ophou om God se lof te besing nie.

Want sien, Sagaria het iets ontdek wat ons almal in hierdie dae opnuut kan weet en glo. Dit is dat die God van Jesus, die God van genadige ontferming (Luk 1:78), ons nog nooit vergeet of verlaat het nie. God onthou ons.

Lees dit weer. Hoor dit nuut. Laat dit insink: God wéét van ons! God onthou jóú!

Daarom het God aarde toe gekom. Daarom het hy ons in genade kom opsoek (Luk 1:68).

O Here, dat U van my weet, dat U my onthou, is te hoog vir my. Daarvoor kan ek U alleen loof. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.