Boodskap vir Vandag

Search

God se baarmoeder

Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees (Psalm 90:13-14).

Twee ma’s staan voor koning Salomo (1 Kon 3:16-28). Die een het haar kind gedurende die nag doodgelê en sy het haar dooie baba met ʼn slapende ma se lewende baba omgeruil. Die ma van die lewende kind was oortuig ʼn onreg is gepleeg en het gewag vir die koning om uitspraak te gee. Salomo het voorgestel dat die kind middeldeur gesny moes word.

Die ma van die lewende kind reageer toe só op hierdie wreedheid: “… haar hart het inmekaar gekrimp oor die lot van haar baba” (v 26). In die 1953-vertaling staan: “haar binneste was ontroerd”. Haar liefde vir haar kind was so sterk dat sy bereid was om reg en geregtigheid te laat vaar sodat hy kon leef.

Die Hebreeuse woord rahem kan vertaal word met “jou hart krimp inmekaar”, “jou binneste was ontroerd”, “meegevoel” en “ontferming”. In die enkelvoud beteken die kern van hierdie woord letterlik “baarmoeder” en in die meervoud dui dit op ʼn abstrakte gevoel soos ontferming, meegevoel, barmhartigheid en liefde. Die letterlike baarmoeder het die figuurlike ontferming geword, maar met die nuanse van voed, beskut en bewaar. Die letterlike betekenis dui wel op ʼn vroue-orgaan, maar in die figuurlike vorm word dit vir albei geslagte gebruik.

Belangriker nog, dit word vir God gebruik.

Ontferm U oor my, Here my God, en stuur my dan om my oor ander te ontferm. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.