Boodskap vir Vandag

Search

God se barmhartigheid

Toe Hy uitklim, het Hy die groot skare gesien, hulle innig jammer gekry en hulle siekes gesond gemaak” (Matteus 14:14).

Barmhartigheid het ook te make met “jammer kry”. Nie jammer kry op ʼn negatiewe manier wat verkleinerend kan klink nie, maar jammerte as ʼn diep deernis.

Op meer as een plek in die Bybel lees ons Jesus het mense versorg omdat Hy hulle jammer gekry het. Een voorbeeld is Matteus 14:14: “Toe Hy uitklim, het Hy die groot skare gesien, hulle innig jammer gekry en hulle siekes gesond gemaak.” En in Lukas 6:36 lees ons: “Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.”

Die gelykenis wat hierdie woorde verduidelik, vind ons in Matteus 18. Die koning het die slaaf wat hom baie geld geskuld het, laat roep. Dié het voor hom neergeval en uitstel gevra. “Die heer van daardie slaaf het hom innig jammer gekry, hom vrygelaat en sy skuld vir hom kwytgeskeld” (v 27). Dieselfde slaaf het buitentoe gestap en ʼn ander slaaf wat hom geld geskuld het, aangeval. Hy het nie sy medeslaaf jammer gekry nie. Hy het dit nie reggekry om die deernis wat hy ontvang het uit te deel nie. Hy het gesukkel om barmhartig te wees soos die Vader barmhartig is.

Leer my om met meer barmhartigheid en deernis te leef, Here, sodat ek al hoe meer soos U kan word. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.