Boodskap vir Vandag

Search

God se hart

Lydenstyd gee ons ’n kykie op ons hart en op God se hart. Daar is niks koud en klinies aan die kruis nie. Die God van die Bybel is nie Een wat eenkant staan, die situasie bekyk en dan met die beste plan vorendag kom nie. God worstel met liefde, getrouheid, teleurstelling en hartseer.

In Jeremia 31:31-34 word ʼn nuwe verbond belowe; ʼn verbond wat op die harte van God se volk geskryf is. Jeremia 31 – 33 word “die klein boek van vertroosting” genoem, waar God sy hart te midde van die werklikheid van ballingskap wys.

Jeremia 31 bevat verskeie metafore van omgee en verhouding. God is ons Vader (31:9); Hy is die Moeder van Efraim, sy troetelkind (v 20; 1953-vertaling); Hy is die Wagter wat skape bymekaarmaak (v 10); Hy is die Een wat uitpluk, maar ook plant (v 28); Hy is die getroue Eggenoot (v 32). Dit is vanuit hierdie verhoudings wat God kies om deur sy Seun sy hart te kom wys; om Homself vir ons te gee as die grootste teken van ’n hart wat op sy skepping gerig is.

Ons verlang dat ons harte God se hart sal weerkaats.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed