Boodskap vir Vandag

Search

God se liefde oorskadu alles

Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke (Psalm 36:6).

 Onlangs gebruik die bekende geestelike skrywer, Brain Draper, die verhaal van die tjellis Beatrice Harrison en haar singende nagtegale as ‘n metafoor vir ‘n bekende ervaring.

In die tyd wat die nagtegale in haar tuin saam met die begaafde tjellis gesing het, is talryke opnames van hierdie merkwaardige musikale samespel tussen mens en dier gemaak. Dit is deur die BBC op spesiale dae of tye uitgesaai.

Daar was egter ‘n dag in 1943 wat die uitsending van een opname verbied is. Dit was toe 190 bomwerpers oor die gebied gevlieg het waar Beatrice met haar nagtegale gespeel het. Die bomwerpers sou dié dag die stad Mannheim in Duitsland gaan bombardeer het.

Die regering was egter bang dat ‘n uitsending van dié opname op dié spesifieke dag hulle geheime sending aan die Duitsers kon verklap, vandaar hulle verbod. Want wie na die opname van Beatrice met haar tjello en singende nagtegale luister, kan vandag nog die bomwerpers se dreunende oorvlug hoor.

Draper gebruik die verhaal om ons daaraan te herinner dat selfs in ons mees gelukkige en harmonieuse oomblikke, daar altyd die gedreun van dreigende onheil en gevaar, rampe en ellende op die agtergrond is.

Wie realisties wil leef, mag dit nooit vergeet nie. Weliswaar met die wete en die vertroue dat God se liefde ons lewe heeltyd oorskadu, ja, dat sy liefde tot in die hemel en sy trou tot in die wolke reik – ook daardie hemel en wolke wat vol dreigende gevare is.

O Here, dankie dat u liefde en trou vandag weer my lewe oorskadu en dat niks my daarvan kan skei nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed