Boodskap vir Vandag

Search

God se liefdesbriewe

Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig … die veld en alles daarop moet jubel (Psalm 96:11).

Die mistikus, Ernesto Cardinal, sê dat die natuur vol van God se liefdesbriewe aan ons is. Die woord “simbiose” verduidelik dit verder. Dit beteken vriendelikheid. Tussen ons en die natuur, so beweer Cardinal, is daar ‘n heen-en-weer-beweging van lewe, ‘n wedersydse kommunikasie van vriendelikheid.

Ons stel egter teleur. Ons briewe aan die natuur is vol afsê, verwaarlosing en verwerping. Woude word vernietig; woestyne is besig om uit te brei en riviere en oseane word troebel; ons lug word besoedel deur al die vrystelling van aardgasse; die visbronne verminder; onwettige handel in wildlewe floreer, soos onder andere blyk uit die treurige toestand van die stroping van renosters, broodbome en perlemoen; die menslike geslag brei uit in vermenigvuldiging van getalle en die aarde word verder en verder teruggedryf.

Soms behoort ons weer na die platteland terug te keer om te verneem dat God deur sy natuur ons wil vertel, dat ten spyte van ons ontrou, God nog aanhou met liefdesbriewe skryf. Liefdesbriewe wat praat vanuit die stilte, die afsondering, die verbysterende helderheid van sterre, die kleure en geure van ontelbare spesies blomme, voëls en insekte, ‘n afwisseling van uitgestrekte vlaktes en berge.

Hierdie liefdesbriewe verryk en vervul met lewe!

Gebed: Here, maak ons oë oop. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed