Boodskap vir Vandag

Search

God se onverdiende seën

Toe kom staan die Here by Jakob en sê: “Ek is die Here die God van jou voorvader Abraham, die God van Isak … in jou en jou nageslag sal al die volke van die aarde geseën wees. Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan” (Genesis 28:13-15).

Een van die verrassende perspektiewe op God se handelinge in die Bybel is dat sy seën meestal onverdiend na mense toe kom.

Nêrens is dit meer sprekend as in die lewe van die aartsvader Jakob nie. Uit die Bybel blyk dit dat Jakob in sy vroeëre lewe geen ware verhouding met God gehad het nie. Selfs wanneer hy later uit nood tot God bid, is dit duidelik: Alles draai net om homself en sy oorlewing (Genesis 28:18-22).

Tog lees ons dat Jakob, ondanks sy bedrog teenoor Esau (27:35-36), sy opsigtelike selfsug en onverskilligheid, ryklik gedeel het in God se seën aan mense. Genesis 30:43 vertel vir ons dat Jakob, ná Laban se pogings om hom te bedrieg, skatryk geword het. Meer nog, Laban erken in ʼn stadium dat God hom om Jakob se ontwil geseën het (30:27). En dít terwyl Jakob soms net so opportunisties en geslepe soos Laban was (30:37-43).

Tereg skryf Klaus Westerman oor hierdie geheim van God se onverdiende seën:

Jacob may not have committed to God or claimed God as his own until as late as his return to Canaan. Nevertheless, God had blessed him, and he was blessed. The external evidences of blessing were present, even to observers, despite the fact that the beauty of a trusting relationship with God was not yet there.

Dit bly merkwaardig, want nie een van ons verdien regtig God se seën nie. En tog, soos met Jakob, stroom dit soms onverwags, onverdiend en oorvloedig oor ons.

Here, wie is ons tog dat U ons so seën, dat U u genade so onverdiend aan ons gun? Ons kniel vandag in dankbare erkentlikheid en ootmoed voor U neer. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed