Boodskap vir Vandag

Search

God se storie

Daar is baie wat onderneem het om ’n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was – Lukas 1:1-2.

’n Vriend vertel dat hy as kind saans lê en wag het vir sy pa, ’n mediese dokter, om terug te kom van die hospitaal af. Hy sou met opgeskerpte ore na die voetstappe luister wat vinnig die gang af kom. Dan stadiger. Tot dit in sy kamerdeur tot stilstand kom.

“Slaap jy?” sou sy pa vra.

En altyd-altyd was sy antwoord: “Nee, Pa.”

Dan het sy pa ingekom en by hom op die bed kom sit-lê. Hy het sy skoene uitgeskop en sy boonste hempsknoop losgemaak. En aangegaan met sy storie net daar waar hy die vorige aand opgehou het. ’n Tuisgemaakte storie. Spesiaal uitgedink vir sy kind.

Terwyl ’n peuter in die warm beskutting van haar ma se arms na ’n storie sit en luister, word dit meer as ’n blote verhaal. Die kind los daarin op. Die ma se hartklop word ’n sagte drommetjie teen die kinderoor.

God se storie is die lewe self. Dit is woorde van waarheid – ’n storie van omgee en goedheid, liefde en sorg. Dit troos, bemoedig en gee hoop. Dit vertel van verlossing en ewige lewe. En van Jesus Christus, wat gebore is, en toe gesterf en opgestaan het. Hý, die Koning, belowe dat sy geliefdes lank en gelukkig met Hom sal saamleef – vir altyd en altyd!

Here, dankie vir u Woord wat lewend geword en tussen ons kom woon het. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed