Boodskap vir Vandag

Search

God se woorde

Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe (Psalm 19:8).

In Psalm 19 begin die digter met die uitroep dat die hemel en die uitspansel God se lof moet besing. Vers 4-5 is dan verrassend: “Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem. Tog gaan daarvan ’n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.”

Al kan hulle nie praat nie, besing die hemelkoepel en die hemelliggame God se lof deur hulle blote bestaan. En hulle boodskap gaan uit oor die hele aarde en hulle woorde bereik die uithoeke van die wêreld.

Psalm 19 praat egter ook oor ander soort woorde (vers 8-10) – God se woorde. Dit is God se wet, bepalings, opdragte, gebooie en beslissings. God se woorde skenk lewenskrag; dit is betroubaar en dit gee wysheid; dit maak die hart bly en dit verhelder die oë; dit hou vir altyd stand en dit is begeerliker as goud.

Laastens praat die digter dan ook oor sy eie woorde en vra: “Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser (vers 15). Wanneer ons in gebed stil word, hoor ons juis die lied van die skepping en God se lewegewende woorde.

Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here. Ek wil u lof besing tot in die uithoeke van die aarde. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.