Boodskap vir Vandag

Search

God se wulpse genade

Esegiël 37:1-14 herinner ons dat niks ooit hopeloos is nie – dat die genade van God, ja, sy Gees wat nuwe lewe wek, ons op allerlei maniere onverwags kan oorrompel en verras.

Ons moet alleen volhardend en vertrouensvol daarop wag – en dit waag om elke dag daarvoor op die uitkyk te wees.

Hoe die genade nuwe lewe wek sonder dat ons noodwendig daarvoor gevra of gewerk het, is al deur baie mense ervaar. Nie die minste nie deur die digter wat in sy gedig “gevlek” vertel hoe ‘n mooi stuk musiek hom op ‘n dag as ‘n teken van hierdie genade verras en geheel het. Luister net:

in die gevulde uur het Jy
my kom vlek

met die vlymskerp mes
van jou wulpse genade

wat stroom deur ‘n enkel
viool se vuurrooi klank.

tóé het Jy gegee van die
rykdom én smart van eie
kinders,

die ligtende son wat opkom
waar bedelaars dit waag

om in jou spoor te trap.

Is jou oë en ore vandag oop genoeg om hierdie ligtende genade van God, wat onder andere deur mooi musiek in ons lewe kan inval, op te merk?

Here, u genade stroom elke dag in en om ons. Help ons deur u Gees om dit raak te sien en met blydskap te omhels. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed