Boodskap vir Vandag

Search

Goedertierenheid

Ek sal die goedertierenhede van die Here prys, die roemryke dade van die Here, ooreenkomstig alles wat die Here aan ons bewys het […] na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede – Jesaja 63:7 (1933/1953-vertaling).

Die Engelse woord vir “goedertierenheid” is “lovingkindness”. “Goedertierenheid” word in die HAT as “barmhartigheid” en “lankmoedigheid” omskryf. “Lovingkindness” sê nóg meer. Ons hoor God se hartklop: Liefde. Goedhartigheid. Minsaamheid. Welwillendheid.

Jesaja het elke dag die volk se afvalligheid en opstand teen God aanskou. Tog het hy onwrikbaar bly vashou aan die bewyse van God se goedertierenheid teenoor Israel. Jesaja het God vir sy getrouheid begin loof. Hy het hom beroep op God se genade en barmhartigheid en gepleit dat die Here weer sy deernis teenoor sy volk sal opwek. Die rede wat hy oor en oor aangevoer het, was: “U is vol goedertierenheid.” Dit is God se begeerte dat ons sondeberou sal hê en ons tot Hom sal bekeer. Dan sal ons sy “lovingkindness” begryp. Ons sal aan ons eie lyf voel hóé barmhartig en vol goedertierenheid ons God is.

In Psalm 107:43 (1933/1953-vertaling) maan Dawid: “Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenheid van die Here.”

Ons is kinders van ’n genadige, barmhartige Vader. Wanneer ons sy goedertierenheid in ons eie lewe ervaar, moet ons met dieselfde gesindheid van deernis, liefde en welwillendheid na ander uitreik.

Dankie vir u goedertierenheid, o Here. Ek wil in die lig van u deernis wandel. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed