Boodskap vir Vandag

Search

Gooi af!

Sorg dat jy wysheid bekom, en insig! Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie; maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm; as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar – Spreuke 4:5-6.

Wysheid is lewenslank ons beskutting. Binne daardie grense bly ons veilig.

Op ’n keer het een van my kleuters by ’n partytjie styf teen my bly staan terwyl die ander kinders op die springkasteel kerjakker. Toe ek hom aanpor om te gaan saamspeel, antwoord hy doodluiters: “’n Kind móét eers by sy ma staan. Dán kan hy gaan speel.”

Vanuit die bekende en veilige kan ons die onbekende aanpak.

Wanneer ’n jongmens die beskutte ruimte van sy bekende ouerhuis die eerste keer verlaat, is dit dikwels ’n ontnugterende ervaring. Dit bied egter juis die kans om geestelik en emosioneel te groei wanneer hy met nuwe omstandighede gekonfronteer word.

In die bloekombos naby ons huis verwonder ek my aan die bome se lang repe skurwe, droë bas wat net hier en daar nog lossies aan die gladde, blinknuwe stamme daaronder raak. Namate die boom groei, gooi hy sy bas – wat sy sagte binneste kern beskut – sonder meer af. In die proses vernuwe hy homself.

Soos die bloekoms moet ons ook gereeld ons dooie bas afgooi sodat ons nuwe jaarringe kan vorm en groei, al was dieselfde hulsels vroeër veilige skanse. Daardeur skep ons ruimte om as mens te ontwikkel. Deur onsself te begrens, verarm ons onsself.

God ken ons vermoëns. Waarom hou ons dan nog terug? Ons moet van die ou beknellende bas ontslae raak.

God se grense bied altyd die moontlikheid van nuwe groei.

Here, ek wil die ou uitgediende bas afgooi. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed