Boodskap vir Vandag

Search

Goud

Goue appels wat in silwer gemonteer is, so is die regte woord op die regte tyd. ’n Goue ring, goue juwele, so is die wyse vermaning vir wie wil luister – Spreuke 25:11-12.

In Bybelse tye was goud die kosbaarste edelmetaal. Volgens aangetekende geskiedenisbronne is dit die eerste edelmetaal wat die mensdom ontdek het. Argeoloë het bevind dat artikels wat van goud gemaak is tot 6 000 jaar oud kan wees. Dit is ook die metaal waarna die meeste in die Ou Testament verwys word.

Goud se simbool op die periodieke tabel, Au, is afgelei van die Latynse woord aurum wat “dagbreekglans” beteken. Dit is helder. Suiwer. Nuutgeskep. Dit hou die verrukking en bekoring van ’n nuwe dag vol moontlikhede in.

Wanneer ons aan ons eie lewe dink, is daar soveel kosbare mense wat ’n “dagbreekglans” aan ons dae gee. “Sy is goud, hoor!” sê iemand dalk van ’n geliefde vriendin. Daarmee sê sy: “Sy is die heel beste. ’n Gehaltemens. Iemand met wysheid.”

Wyse woorde op die regte tyd word vergelyk met die glans en skoonheid van goue appels wat in silwer gemonteer is. En wanneer jy ’n wyse vermaning aanvaar, beteken dit vir jou net soveel as wat ’n goue ring en kosbare juwele beteken.

Suiwer goud is duursaam en tydloos. Tog krap dit maklik. Ons moet wysheid koester en wyse mense met liefde en sorg hanteer. Hulle is tegelyk kosbaar én bitter-bitter broos. Ons mag hulle nooit as vanselfsprekend aanvaar nie. Ons moet hulle en hul woorde soos goud oppas.

Here, maak my bereid om die woorde en vermanings van wyse mense ter harte te neem en hulle met respek te hanteer. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed