Boodskap vir Vandag

Search

Groen groeikrag

“Julle moet in My bly en Ek in julle. ʼn Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie” (Johannes 15:4).

Hildegard von Bingen het baie gewerk met die idee dat God se groen groeikrag agter alle lewe is. Nie net ons lewe nie, maar ook dié van die skepping. Dit is die bron.

Die Johannesevangelie beskryf dié bron in verhoudingsterminologie: Ons dra vrug omdat ons aan Iemand vas is; omdat ons nie aan onsself kan dink sonder om aan God te dink nie; omdat ons bestaan in mekaar ingeweef is.

Die dae en oomblikke van droogte (Von Bingen sien sonde as uitdroog), vernietig nie die verhouding nie; dit gebeur wanneer ons uit onsself en ons vermoëns alle energie probeer tap vir lewe en deernis. Ons bronne word uitgeput, maar God s’n nooit nie.

Tog is God ook ʼn God van droogte en woestyn, want ook daar is lewe – verrassend maar waar. Baiekeer vind ons Hom anderkant ons verwagtings en vooropgestelde idees. En wat ons vind is dat Hy nie net ʼn God van volheid en vrugbaarheid is nie, maar ook van leegheid en onvrugbaarheid.

Altyd verrassend anders, maar nooit ver nie.

Here, dankie dat ons U kan vind, ook en veral waar en wanneer ons dit nie verwag nie. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed