Boodskap vir Vandag

Search

Groen hoop

Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille; hy sal in volle bloei staan, hy sal juig en sing, hy sal die prag van die Libanon hê, die skoonheid van Karmel en Saron … Die verskroeide aarde sal ’n moeras word, dorsland waterryke wêreld. Waar daar nou net vir jakkalse lêplekke is, sal gras en riet en biesies groei – Jesaja 35:1-2a, 7.

In die Bybel word die woestyn en verval met geestelike dorheid en afvalligheid van God verbind. Wanneer Israel hom tot die Here bekeer, word die verskroeide aarde ’n moeras, die dorsland waterryke wêreld. Groen is simbolies van hoop en nuwe lewe. Die kleur dra die verwagting van groei en vrug en oorvloed. Dit vertel ook van God se genade. En dat Hy ons wil seën. Die kontras tussen die dorre onvrugbare woestynwêreld en die jubelende groen landskappe word weer en weer beklemtoon.

Deur die natuur herinner God ons aan sy almag teenoor ons nietigheid. Hy is die Skepper. Ons is die skepsels. Ons staan onder sy heerskappy. Indien ons sy opdragte nakom, belowe Hy dat Hy ons sal seën.

God se altydgroen beloftes sluit bo alles geestelike seën in, soos in Jesaja 35:8: “Daar sal ’n grootpad deur die woestyn loop en dit sal bekend staan as die gewyde pad. Onrein mense sal nie daarop loop nie, dit sal net wees vir mense wat reg lewe; dwase sal nie meer op die pad kom nie.”

Here, help my om in gehoorsaamheid aan U te leef en sodoende ’n ontvanger van u “groen genade” te wees. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed