Boodskap vir Vandag

Search

Hand aan hand

Die Here het vir sy land opgekom, Hy het medelye betoon met sy volk (Joël 2:18).

Dit is opvallend hoe God se beloftes in Joël 2 nie net die welsyn en geluk van sy volk raak nie, maar ook die herstel van die land.

In die boek Joël gaan dié twee dinge hand aan hand.

Nadat die profeet die volk opgeroep het om hulle opnuut met nederige berou tot God te keer (Joël 2:12-13), maak hy as ‘t ware die sluise van God se beloftes van oorvloedige liefde en barmhartigheid oor hulle oop.

Ag, hoe bly moes hulle harte nie gewees het om te hoor dat die Here, ná die verwoesting van hulle land, weer sy medelye sal betoon nie! Hoe Hy hulle weer sal vergoed deur koring, wyn en olie te stuur sodat hulle nie langer honger sal ly nie, maar oorgenoeg kos sal hê (Joël 2:18-19).

En dit gebeur omdat God ook opkom en omgee vir die land, sorg dra dat die reën betyds kom, die weivelde weer groen word, die bome vrugte dra en die vyebome en wingerd in volle drag staan (Joël 2:23-25).

Teken van God se sorg is boonop die aangrypende manier waarop God die ploegland en die vee in die veld met sagte woorde troos, byna soos ‘n pa sy kinders: “Moenie bang wees nie. Wees bly en juig, want God het ‘n wonder gedoen” (Joël 2:21-22).

Wie hierdie God dien, sal nooit anders kan nie. Die herstel en geluk van die land sal hulle ook altyd ter harte gaan. Hulle sal weet: Sonder ‘n gesonde en vrugbare omgewing, is hulle eie lewe leeg.

O Here, dankie vir die ryke gawes van u skepping. Help ons om dit nooit te versmaai of te vermors nie. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed