Boodskap vir Vandag

Search

Hart as setel

Jy moet baie versigtig wees wat jy dink, meer versigtig as met ander dinge, want as jy reg dink, dan sal jy aanhou lewe – Spreuke 4:23 (Bybel vir almal).

In die oorspronklike Hebreeuse Bybelteks word daar met die woord “hart” meestal “die binnekant van die mens” bedoel. In sommige vertalings word “hart” as “wil” of “denke” vertaal. Die rede daarvoor is dat die hart in Bybelse tye as die setel van ’n mens se gedagtewêreld beskou is. Die hart is ook as die kern van jou diepste oortuigings gesien: daardie dinge waarmee jy versigtig moet omgaan.

Jy bewys jou kinders geen guns wanneer prestasies of voorspoed die heel belangrikste vir jou is nie. Êrens langs die pad gaan hulle nie aan al jou vereistes voldoen nie. Jy gaan teleurgesteld wees en hulle moontlik verwyt omdat jy voel hulle het jou in die steek gelaat ná alles wat jy opgeoffer het.

Die kinders, aan die ander kant, gaan voel hulle het jou gefaal en dat hulle nie goed genoeg vir jou is nie. Dat hulle selfs nóg meer moet doen om aanvaar te word. Dat hulle áltyd op die een of ander manier tekortskiet. Hierdie gevoel kan sneeubal tot by die punt waar kinders ervaar dat hulle nie onvoorwaardelik liefgehê word bloot om hulleself nie.

Wyse ouers se denke is op God ingestel. Hul hartsbegeerte is dat hul kind iemand sal wees wat die Here bo alles sal ken en dien en liefhê.

Here, help my om kinders groot te maak wie se hart op U ingestem is. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed