Boodskap vir Vandag

Search

Heilige geskinder

As iemand die lewe liefhet en ’n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens – Psalm 34:13-14.

Geestelike hoogmoed word op baie maniere verdoesel. Een daarvan is geveinsdheid. Iemand brand om iets van ’n ander oor te vertel en verskans dit in die vorm van geveinsde belangstelling: “Ek kry ons arme vriendin so jammer. Ons kan maar net bid vir haar. Daar is beslis iets wat nie reg is nie. Ek voel dit aan.”

Dit is duidelik dat die ware motief agter haar versoek nie is om vir haar vriendin te bid nie, maar eerder om die ander se nuuskierigheid te prikkel. Dit is niks minder as die uitlokking tot ’n “heilige” geskinder nie.

In haar woorde hoor ons selfverheffing en geestelike meerderwaardigheid. Net soos die Fariseër wat in sy gebed dankie gesê het dat hy nie soos die tollenaar is nie, verhef sy haarself bo haar vriendin.

Skinder – in watter vorm ook al – is vir die Here ’n gruwel. Hy sien dwarsdeur al ons motiewe. Hy weet dat ons iemand anders in ’n slegte lig wil stel deur agteraf van die persoon te praat. Hy weet dat ons dikwels self minderwaardig voel en dit daarom nodig ag, juis om onsself beter te laat voel. Ons kies ons woorde so dat dit lyk of ons werklik omgee, terwyl ons inderwaarheid kwaadpraat.

God ken ons hart. Hy wil hê ons moet selfondersoek doen voordat ons iets van iemand anders sê.

Here, bewaar my van valsheid en meerderwaardigheid. Weerhou my van ’n “heilige” geskinder. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed