Boodskap vir Vandag

Search

Help my!

Red my deur u mag, o God, laat aan my reg geskied deur u krag. Hoor my gebed, o God, luister na my woorde – Psalm 54:3-4.

Dawid skroom nie om tot God te pleit in oomblikke van verlatenheid nie. In tye van nood is God sy eerste gedagte.

Nadat die Siffiete aan Saul vertel het dat Dawid by hulle wegkruip, het hy na Goresa diep in die onherbergsame Sifwoestyn gevlug. In Psalm 54 stort Dawid sy hart voor God uit. Hy is bang en ontredderd en tot die dood toe moeg. God is sy enigste bron van hulp.

Dawid se gebed hierbo is die smeekroep van iemand in doodsgevaar. Hy ken die eensaamheid van ’n voortvlugtige in die woestyn, sonder vriende op wie jy kan vertrou.

God weet hoe om ons in elke woestynsituasie te antwoord. Hy ken Dawid se ontsetting en angs, sy smagting na ’n medemens se nabyheid. God antwoord Dawid se gebed deurdat Hy Jonatan, sy hartsvriend en vertroueling, na hom stuur.

In 1 Samuel 23:16 lees ons: “Jonatan seun van Saul het toe klaargemaak en na Dawid toe in Goresa gegaan en hom bemoedig in sy vertroue op God.”

God is alwys. Hy weet dat ’n vriend soms die antwoord op ’n kind van Hom se diepste smagting is.

Here, dankie dat ek by U kan leer hoe wysheid lyk. Dwarsdeur my lewe stuur U mense om my te help wanneer my pad onherbergsaam en verlate is. Dankie daarvoor. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed