Boodskap vir Vandag

Search

Herder-Koning

“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape” (Johannes 10:11).

In die Johannes-evangelie noem Jesus Homself die Herder. Jesus is ons Herder-Koning.

Jesus het vir ons gesê wanneer ons Hom sien, sien ons ook die Vader. En wat sien ons?

Jesus kry skares innig jammer en gee vir hulle kos; Jesus nooi vir Saggeus om uit die boom te klim en gee vir hom ʼn nuwe lewe; Jesus tel die kinders op sy skoot en seën hulle.

Jesus jaag egter ook dié uit die tempel weg wat met hulle verkope die laaste bietjie melk uit dié wat reeds niks het nie. Hy gooi hulle tafels om.

Hierdie Herder-Koning is die God vir wie gesag ʼn deernisvolle mag is, en wie se heerskappy tot voordeel van sy koninkryk en ons menswees is. Paradoksaal is die Koning ook die Lam, en die Lam sit op die troon.

Mag hierdie beeld van Herder-Koning ons help om te smag na die Een wat gekom het en wat weer sal kom.

Kom, Herder-Koning, kom tog gou. Amen.

Lisel Joubert

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed