“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape” (Johannes 10:11).
In die Johannes-evangelie noem Jesus Homself die Herder. Jesus is ons Herder-Koning.
Jesus het vir ons gesê wanneer ons Hom sien, sien ons ook die Vader. En wat sien ons?
Jesus kry skares innig jammer en gee vir hulle kos; Jesus nooi vir Saggeus om uit die boom te klim en gee vir hom ʼn nuwe lewe; Jesus tel die kinders op sy skoot en seën hulle.
Jesus jaag egter ook dié uit die tempel weg wat met hulle verkope die laaste bietjie melk uit dié wat reeds niks het nie. Hy gooi hulle tafels om.
Hierdie Herder-Koning is die God vir wie gesag ʼn deernisvolle mag is, en wie se heerskappy tot voordeel van sy koninkryk en ons menswees is. Paradoksaal is die Koning ook die Lam, en die Lam sit op die troon.
Mag hierdie beeld van Herder-Koning ons help om te smag na die Een wat gekom het en wat weer sal kom.
Kom, Herder-Koning, kom tog gou. Amen.
Lisel Joubert